Hierdie naweek het ek kortstondig vir Pusan aangepak. Vroeg Saterdagoggend het ek op die 1127 bus geklim en vir 'n skamele W2000 na Busan gereis. Aanvanklik was ek bang dat ek die hele rit lank sou moes staan (ongeveer 45minute), maar die meeste skoolkinders (ja, hulle het skool op Saterdae!) het vinnig genoeg die bus verlaat. Phew!
Salome het vir my in Nopodong (my stasie) ontmoet. Terwyl ek vir haar gewag het het ek 'n verruklike green tea latte by Paris Baguette gedrink en solank besluit om te eksperimenteer met Koreaanse kougom. Na omtrent twee dae van Koreaanse kougom het ek besluit om eerder die Westerse weergawe te kou.
Salome en ek het mekaar toe gevind - ek het seker 'n jaar laas gesien! En saam-saam het ons ge-navigate deur die maag van die ondergrondse treinstelsel.
Ek het baie oorweldig gevoel omdat die stad 4 keer groter as Ulsan is. Salome het my na Haendae strand geneem met 'n baie mooi uitsig en ons het 'n Westerse ontbyt geeet. Eier brekvis-muffin met eiers en ham. Yum!
Die middag het ons bietjie gaan inkopies doen. Ek het natuurlik soos 'n volstruis gepik aan al die 'shiny' oorbelle en ringe.
Ons het die middag uitstappie afgerond met 'n roomys-wafel! Ja, dis waar! 'n Wafel met 5 roomysballetjies en sjokolade sous! Die middag het ons luilekker rondgele in haar teentiny woonstel voordat ons die kuierkrater-aand sou aanpak.
Vir aandete het ek die eerste keer handgemaakte noedels geeet - lipaflek-lekker! Ek het ook summier besluit dat ek nie van gefermenteerde kimchi hou nie. It's not me, it's the kimchi.
Lights, camera, action!
Salome het my die omgewing gewys - 'n hutspot van wemelende studentelywe en ligte. Die aand het ek kennis gemaak met haar vriende en die Koreaanse weergawe van gin&tonic. Sterker as die gin sopies waaraan ek gewoond is en dit proe meer soos 'n gin&lemonade.
Daar was selfs die klub waarin ek met bordkryt op die bordkryt muur al my 'dedications' geskryf het ('n totaal van 6 liedjies) wat die Koreaanse DJ toe gespeel het. Nadat ek natuurlik vir hom daarop gewys het watter liedjies hy nog nie gespeel het nie. Bloos.
Al hierdie feesvieringe moes toe afgesluit word met 'n Mcmuffin by McDonald's en Salome wat haar ham op die sypaadjie neergooi omdat sy nie meer vleis eet nie. En ek wat se: "Ek kon dit geeet het!".
Ek, Salome en haar kiets Momo het toe saam op haar enkelbedjie gekruip en soos gifappeltjies geslaap.
Die volgende oggend het ons vir oulaas saam gaan eet, 'n subway kaart uit 'n tydskrif geskeur en ek het het toe die tog aangepak na Nopodong. Dit was nie so vreesaanjaend soos wat ek verwag het nie en ek was sommer gou by my stasie, ek het op my bus geklim (na my "time to sign" met die busbestuurder) en ongedeerd in Ulsan gearriveer.
Nou wanneer gaan ek weer terug Pusan toe....
No comments:
Post a Comment