23 October 2011

Bloekomboom - Loftus Marais

op 'n vlakte buite malmesbury
staan 'n bloekomboom soos scarlett o'hara
teen 'n bult - uitheemse vivien leigh
ritsel in die bries haar hare
die kontoere se hale
vlei haar focal point posisie
in die grootliks vertikale
komposisie van die raam
agter haar drom donderwolke saam
sy wag vir die swartland se flash photography
vir die reen se applous, vir die was
van haar colour-coordinated bas
en haar juweellose takke
vir die afspoel van die miere in haar kieliebakke








No comments: