8 October 2011

My omgewing - Mugo-2dong





My woonstel is so 8 minute van Ulsan universiteit af. So daar is daagliks 'n gewemel van studente as ek na my bus stop toe stap. Dit neem dan ongeveer 11 minute op die bus om tot by my skool te ry. Die bus is selde betyds!

Die stegie waar ek daagliks stap oppad na my bus stop toe. 
Die studente trek verskriklik stylvol aan. Moenie enige kaalvoete of geskeurde jeans hier verwag nie. Van wat ek van my Koreaanse vriendinne afgelei het is dit baie belangrik wat jy aantrek omdat jou vriendinne en ander meisies jou vinnig kritiseer. Hulle trek aan soos wat ek verwag het die vrouens in Parys sou aantrek. Altyd stylvol, met 'n mooi handsoek, 'n ligte jas en hoë hakskoene.

Die modebewustheid van die student kleef aan hulle label-sonbrille en laag-op-laag grimering soos mossels aan ‘n rots. Shame, die meisies sukkel seker om mooi te lyk en warm te kry in die winter.


















Die poskantoor is twee blokke van my woonstel af en dit is ook waar ek al my rekeninge betaal. En die polisiekantoor is in die teenoorgestelde rigting twee blokke van my huis af. Hoera vir dienslewering, desondanks in Koreaans!!! Ek sien altyd op as ek die poskantoor moet besoek omdat ek en die omie agter die toonbank in gebaretaal probeer kommunikeer. 
My poskantoor - die ingang is aan die linkerkant.
Hier is tonne koffiewinkels, PC bangs (daar is orals kookwater - vir jou noodles en ek sit lekker hier en eet my noodles), restaurante, DVD bangs (jy huur dvds by die plek en kyk dit in 'n aparte kamer), naraebangs (karoake kamers - jy kan 'n kamer huur na gelang van die aantal mense wat dit bywoon), soju hofs (waar jy in klein aparte kamers met jou vriende sit - nie soos in die kroeë waaraan ons gewoond is nie), golf kamers (hier speel al die kinders by my skool se pa's golf, maar nie op die golf landgoed wat ons ken nie. Dis soos wii, maar met 'n regte golfstok), klere winkels (Korean prep style - sien die kiekies hier bo), droë pastakolle (die drink-kultuur is groot in Korea, so you need to sidestep quite often) en convenience stores (E-markt, 7/11, Buy the way).

(Sien die "I'm hungry" inskrywing vir kiekies van die hoe die tipe winkels lyk.)

Wanneer ek aanhou stap van Ulsan universiteit af is daar heelwat winkels - Converse (50% goedkoper as in S-A), New Balance, Calvin Klein (Koreane is label-betotteld), Nike, Adidas, Merrell, Superga, Mammut en heelwat ander Europese winkels wat nie my tipe styl verkoop nie.

Dit is nou Herfs in Korea. Die blare verkleur en dis regtig mooi met die rooi, geel en bruin wat die sypaadjies inkleur. Die dae is heel matig - tussen 14 en 21 grade. Die klanke van sonbesies kleur ook elke dag vir my in.

Daar is 'n enorme park oorkant my woonstel, Ulsan Complex. Dit is 'n vyf minute stap waarin ek seker my lewe in my eie hande neem omdat ek 'n tamaaie hoofweg moet oorkruis, maar ek hardloop vinnig oor en verken dan die park!
Daar is 'n groot stadion, onderdakse swembad, talle tennisbane, 'n meer waarop jy trapbootjies in die vorm van swane/walvisse kan huur en oefen "sones" - waar jy jou situps ensovoorts op die implemente kan beoefen. 
Los gerus jou i-pod by die huis. Daar is orals groot speakers waaroor daar klassieke musiek/Hero-soundtrack-tipe musiek gespeel word. 

Mugo-2Dong is 'n baie veilige buurt en ek kan regtig nie kla nie. Dit is 'n stil buurt met ouer/suksesvolle inwoners en heelwat "waygooks" (buitelanders wat in Ulsan Engels gee).


Kyk net die elektrisiteitstelsel! SNAK!
 
Die ‘gaslady’.

Ek is gewaarsku om nie my deur vir vreemde stemme oopmaak nie (ekskuus, alle stemme is vir my vreemd). Dis gewoonlik die Koreaanse weergawe vir Jehova getuies. Om terug te kom by ‘die gaslady’ – sy kom maandeliks om my gas te meet. Sy het ook vir my iets probeer verduidelik wat ek moet doen, maar ek het net my skouers opgetrek.

No comments: