5 November 2011

Galmegisal - aka kalf-vleis



STAP#1
Jou skoon nat lappie word gebring sodat jy jou hande kan afvee.
Die braaislurp!!!
STAP#2
Jou bykosse (kimchi, uie in sojasous, rys, souse, blaarslaai met cayenne sous (wat anders?!) geurlose poeier, heel knoffelstukke) en water word bedien.

STAP#3
Jy bestel jou drankies.



STAP#4 Die kelner bring vir jou kole waarmee jy die vleis kan braai. Caution - dangerous when blue.


STAP#5
Die kelner bring 'n skoon rooster (wat deur die loop van die ete vervang sal word) en bakkies met bap (Koreaanse sticky rys).

STAP#6
Jou rou vleis word bedien. Nou braai ons!!!


STAP#7
Gewoonlik is een persoon aan die tafel verantwoordelik daarvoor om die vleis/uie/knoffel te rooster.


STAP#8
Bon appetit.



STAP#9
Druk die klokkie aan jou tafel sodat die kelnerin kan kom. 
Die rekening word ge'split' tussen die aantal eters, daarom moet jy seker maak dat jy jou 'fair share' eet en drink.


NASKRIF
Die tafel word altyd eers afgedek nadat jy klaar betaal het. 
Om bakke met kos terug te stuur of nie genoeg daarvan te eet nie word as 'n belediging vir die kok beskou.  

No comments: