25 October 2011

The coffee avenue

Hier is so baie koffiewinkels dat ek besluit het om weekliks 'n ander een te besoek en daaroor te rave of nie. Die onus rus nou by my om al die omliggende koffiewinkels te besoek...dis 'n swaar las, maar iemand moet dit doen!

'The coffee avenue' 

Wat lekker is van die plek is dat alles op die spyskaart ook in Engels is! The coffee avenue gee ook lojaliteitskaartjies - na tien drankies kry jy een gratis. 5 down, 5 to go.

Die groen tee latte wat ek onlangs daar bestel het was bietjie te veel groen tee en te min latte na my smaak.





The big O

Soos Erns Grundling in die Oktober 2011 van die Weg skryf: "Orania, 'n plek waaroor baie mense wonder, maar selde by uitkom, is vanjaar 20 jaar oud. Wat gaan aan op hierdie eiesoortige dorpie langs die Oranjerivier?"

Vir die van julle wat weet - Tobias en "sy Orania doccie" besoek nou talle dokumentere filmfeeste.

En as jy meer wil weet oor die dorp met die grootse koeksitermonumenteie, 'n dorp met hul eie radio stasie (Radio Orania) of vele meer besoek die "big O" by www.orania-film.de 

Dalk sien ons eendag hierdie doccie op ons winkelrakke. Ten minste die van ons wat nie seerowers van die groot kuberruim is nie.  

28 days later

Die titel klink soos iets uit 'n AA kurses, maar dit is hoe ek party hier voel. Soos 'n recovering alcoholic.

Eerlikwaar kan ek nie se hoe ek nou hierdie stad of ervaring sal bestempel nie. Dit is maar 'n poespas van klomp goed.
Op hierdie oomblik vind ek nog net my voete - ek probeer op die regte bus te klim, nie te veel te verdwaal nie, te onthou om gereeld my hande te was (al die blootstelling tot publieke vatplekke en 40 kinders 'n dag....die kieme akkummuleer) en nie te hard probeer dink wat ek eet nie (dis party dae soms vreemd - oe toe en sluk).

My gemoed is 'n wipplank van op en af.

As die gemoedswipplank naby aan die grond hang voel ek asof ek nou op 'n ystertor se rug sal spring om terug te vlieg na die land van biltong, nasionale braaidag en sonskyn.
Die kwik is besig om vinnig hier te daal so die windjie is gevaarlik koud en skraal. Dit gee my 'n verskoning om te shop, maar of die lae genoeg sal wees teen die eina-koue is ek nie so doodseker oor nie...

Op hierdie oomblik rantsoeneer ek my SARIE blokkieraasiers en ek mis 'n Afrikaanse koerant se ink wat moedswillig aan my vingers vaskleef. Al wat huidiglik aan my vingers kleef is die penne en "board markers" waarmee ek daagliks in aanraking kom.

Terselfdertyd is ek besig om rond te snuffel vir 'n diploma of kurses wat my grysstof vinniger sal laat swem. As ek elke dag net Engels vir kinders moet leer sal ek 'n ernstige gemoedsbekakking kry en dalk regtig diep in die bottel staar.
Daarbenewens wil ek ook gefokus bly op my passie en waarin ek my loopbaan gaan loods.

Intussen - soos 'n Pixar mannetjie gese het - "If adventure's out there, I'll find it".

Ek wonder of dit beteken dat ek die 'vending machine' moet gaan aanrand...ek het klipharde Afrikaanse woorde met die kosrobot gewissel, maar sonder enige sukses.  

23 October 2011

Die Oosterse McDs

Korea het ook hulle eie weergawe van McDonalds naamlik Lotteria.

Hier bedien hulle shrimp burgers, squid rings, sweet potato balls, bulgogi burgers (baie versteekte knoffel wat jou later gaan berou dat jy die burger geeet het!) en groen tee mcflurry's.