5 November 2011

And the wind cried........Purple Haze

Dit is 'n plaaslike waygook kroeg in my omgewing en ek het dit Vrydagaand besoek. 

Jy stap af met die trappe in die maag van die gebou in. Dit is beplak met Jimi Hendrix en Bob Marley prente, 'n pool tafel, foosball tafel en vuurpyltjie bord.

Ek het pool teen Jax gespeel en ten spyte van die feit dat sy een van my balle gesink het, het ek nogsteeds deksels ver verloor.


Toe probeer ek die vuurpyltjies... Oh little did I know.

Dit is elektriese sensor veerpyltjiebord. Yay! So ek kan nie met my lomp hande iemand se oog uitgooi nie omdat die pyltjies nie skerp punte het nie.
Ek het egter nogsteeds ver verloor omdat die speler met die meeste punte verloor. Jy gooi nie vir jouself nie, maar om punte vir die ander spelers te gee...hmm ek het na omtrent 20 rondtes op 529 gestaan. Toe loop ek nie meer voor nie, maar agter.

Daar is ook 'n klein dansvloer en ek het met 'n paar waygooks en Koreane gedans. Dit is cool omdat jy self die musiek van die rekenaar af kan kies - Professor Green and the whole shibang is daar op!

No comments: