19 November 2011

My bleeding heart

Dit is moeilik om my kop bo water te hou... nou skop my selektiewe patriotisme in en ek voel verstrengel in onsekerheid.

Vandag het ek die aaklige nare nuus ontvang dat daar die verskriklikste misdaad net buite my hemelse platteland gepleeg is. 

'n Paartjie is buite op 'n plaas aangeval aan die buitewyke van Malmesbury.

My optimisme breek in ongeneesbare skerwe. Ek wil net my ore toedruk, onder die tafel wegkruip en wag vir dit alles om op te hou. Kan ek dan eers terug kom?

Hierdie verswelgende vloed van misdaad moet tog tot 'n einde kom. 
Wat is die oplossing? 
Wat moet ons doen? 
Toyi-toyi? 
Saamstaan? 
Die doodstraf terug bring? 
Ophou om ons koppe in die sand te begrawe...of gaan ons almal saam verdrink?
  


No comments: