17 November 2011

Ditsem...dis rof vir die kinders hier

Hierdie is 'n link wat die toename van tiener-selfmoord in Suid Korea verduidelik. Dit word toegeskryf aan akademiese druk om te presteer:

http://www.aljazeera.com/video/asia-pacific/2011/11/20111110121212136117.html

Ek kry die kinders so jammer - daar is regtig 'n bekotsenwaardige hoeveelheid druk op hulle om te leerLEERleer en die heel beste te wees. Dit is veral hulle ma's wat die druk op hulle plaas. Dit maak my hartseer as hulle daagliks vir my antwoord op my "How are you" vraag met 'n: "I am having a bad day".

Ek probeer hulle 40-minute sessies met my leersaam, maar lekker te maak. Nou en dan leer ek vir hulle Afrikaans (Goeienaand/Hoe gaan dit met jou?). Hulle sukkel lekker met die "g" klank:-) Moenie vir my werkgewers vertel nie...ek is immers die "English speaking" onnie. 
Hulle sal ook vir my Koreaanse woorde gee om te spel - en skaterlag as ek dit heeltemal verkeerd kry.
Of ek probeer met hulle te praat oor hulle dag en hulle idees - in sekere klasse is dit soos om botter in 'n hond se hol op te druk met 'n warm naald.

Party dae knak hulle my en dan se ek iets in Afrikaans of Duits. Nie iets lelik nie, maar net iets waarin ek my frustrasie kan openbaar. Dan sien ek dat dit hulle onseker maak en ontstel. Not ayoba. So ek glimlag dan verder en probeer te help. En hoop dat diE laaste paar minute gou deur die uurglas sal loop.

No comments: