16 November 2011

Tradisionele Koreaanse middagete by die Lee restaurant

Vanoggend 11vm het ek vir Lily (Kuemhee) ontmoet by Paris Baguette. Ek het vir haar vra gevrae oor Korea en Koreaans. Toe het ons saam met die mede-onnies na haar en Gail (Gahuan) se ouers se restaurant gegaan vir 'n vroee middagete. 

Wow. 

Dit was die eerste keer dat ek in 'n restaurant geeet het met 'n uitsig! Dit kyk uit oor die Taewa rivier en dis 'n lieflike groot restaurant! Dit sit ook buite Guyong-ri (waar ek skool gee) so daar het dadelik 'n kalmte oor my gekom, want die restaurant is weg van die 'hustle&bustle'.

Op die foto hieronder sit ek met die kokie-rooi voorskoot aan. Ek eet mos soos 'n kind en die Koreaanse miniatuur staal-chopsticks veroorsaak altyd konsternasie as ek eet. Elizabeth II het nie lekkerder as ek geeet nie en toe ek die middag gaan skoolgee moes ek myself forseer om nie op my arms te le en aan die slaap te raak nie.



No comments: