6 November 2011

Bittersoet

Met my lewe hier in Korea en die blootstelling aan die vreemdgeit word ek weereens herinner aan my onblusbare lus vir die lewe. En ook my onblusbare liefde vir my land se blou berge. 

C.J.Langenhoven het "Die Stem" geskryf en die woorde van sy gedig is regtig besonders - hy kon toor met sy pen. 

Uit die blou van onse hemel,
Uit die diepte van ons see,
Oor ons ewige gebergtes
Waar die kranse antwoord gee.
Deur ons vêr verlate vlaktes
Met die kreun van ossewa.
Ruis die stem van ons geliefde,
Van ons land Suid-Afrika.
Ons sal antwoord op jou roepstem,
Ons sal offer wat jy vra:
Ons vir jou, Suid-Afrika.

In die murg van ons gebeente,
in ons hart en siel en gees,
In ons roem op ons verlede,
In ons hoop op wat sal wees.
In ons wil en werk en wandel,
Van ons wieg tot aan ons graf.
Deel geen ander land ons liefde,
Trek geen ander trou ons af.
Vaderland, ons sal die adel,
Van jou naam met ere dra:
Waar en trou as Afrikaners,
Kinders van Suid-Afrika.

En om Bittereinder (die rap-elektro-groep) aan te haal - as jy haat in C.J.Langenhoven se woorde lees, dan lees jy nie reg nie.

Suid-Afrika is 'n laslappie land van ellende en potensiaal. En ek mis dit.

Suid-Afrika is vir my soos 'n lucky packet - dis altyd vol verrassings, een ordentlike geskenk en 'n paar useless trinkets.

Nog altyd het ek gedink dat ek die "see the world" tipe persoon is, maar ek besef eintlik dat my hart in Afrika is. En dat ek daar wil werk en bly. Dit is ironies dat ek dit in Korea sou kom besef. 

En dit is nou 'n bittersoet om hier te wees.

1 comment:

Harold Uberstein said...

As jy al die stem skryf dink ek is dit tyd om huistoe te kom nogal vir xmis