21 November 2011

Dieng dieng dieng - I found shopping paradise - Shinae, Ulsan

Vandag het ek die koue aangedurf en na Samnamdong, Shinae vertrek. Daar is honderdtalle winkels, Koreaanse 'straat restaurante' en dis "onder dak". 



Ek het heerlik inkopies gedoen. Hoekom is dit altyd makliker om geskenke vir ander mense te koop, maar jy sukkel om goed vir jouself te koop?

Geen besoek aan Shinae is kompleet sonder 'n besoek aan Louis die Peruvian in die Indiese-kopstuk nie! Hy het my vandag aan sy broer Antonio voorgestel - hulle maak die interessantste Peruviaanse armbande. Louis gee glo elke keer vir my "special price" en ek moenie laat die Koreane dit sien nie. Nudge-nudge. 


Die middag het ek gou-gou by Starbucks ingedraf vir 'n grande chai latte. Ek het gevra dat hulle dit ekstra warm moet maak (dit kon nogsteeds warmER gewees het), want ek dink nie dat hulle dit warm genoeg maak nie. Bygese die lae temperature help nie rerig nie.





No comments: