16 October 2011

"I'm hungry"

Waar kan mens eet in Ulsan??

ORALS!!

Bulgogi - dit word bedien in 'n tradisionele Koreaanse restaurant met tradisionele bykosse. Jy braai self jou vark vleis (twee soorte word bedien - die gemarineerde een is baie lekker), rol dit in 'n sousie met 'n stukkie groente, rys ("bap") en dan rol jy dit in 'n blaar voordat jy dit in jou mond stop.
Jy betaal 'n vaste bedrag en kan soveel eet soos wat jy wil - ek dink dis omtrent R60.

Elke buurt het Dinsdae 'n mark. Dis heerlik. In my tien-minute lunch break by my skool het ek deur die mark gaan stap - hulle verkoop alles van vars pynappel, vars seekos, gedroogde vis (soos groot bokkoms), gedroogde eienaardige creepy-crawly vissies, onderklere, vars groente, hoender pote en daar sit orals die hajima's met hulle inheemse vars produkte (die hajima's is die tannies).
Ek het hierdie Dinsdag by die markie die volgende gaan eet: dduk - ryskoekies met boontjie paste; hoedduk - ryskoekies met soetsous; en patat gebraai in 'n degie.

Dduk
Dduk met 'n grondboontjie-sesame-vulsel
Ek het nou al ook by 'n Turkse restaurant gaan eet. Dit was die eerste en sommer ook die laaste keer. Dit is verskriklik dier om rooivleis hier te eet.

Die sushi hier is anders as waaraan ons gewoond is. Die "gimbap" (poor man's sushi) is groentes en eier wat met rys en seewier gerol word.

Hier is 'n verskeidenheid Westerse kitskos restaurante - Pizza hut, Dunkin donuts, Mcdonald's, Starbucks (ook orals te koop in die convenience winkels), Baskin Robbins ('n fensie roomys plek). Jy moet egter bereid wees om te betaal by sulke plekke. 

Baskin Robbins se roomys fondue

7 eleven - ja dis waar!
McDonald's is in my straat af en ek weet hulle het 'n ongelooflike middagete special van W3000 (ongeveer R18), dit moet ek nog egter op die proef gaan stel.

Koreane is koffie-betotteld. Nee, regtig ek spot nie. Hier is koffiehuise om van te kies en te keur. Party is ketting-koffiewinkels en ander is so oulik (met Andy Warhol prints en die kiefste dekor). Alhoewel dit Koreaanse koffieplekke is moet jy bereid wees om ten minste R30 vir 'n koppie koffie te betaal, maar jy kan ook 'n groen tee latte bestel. YUM!!






 
Wat komplimenteer koffie?? Vars gebak natuurlik! En jy kan staatmaak daarop dat daar in jou buurt ten minste een bakkery gaan wees. Dit is nou waar hulle obsessie met Frankryk verder uiting kry. Die bakkerye het name soos 'Tous le Jours' en 'Paris Baguette' - hulle maak ook indrukwekkende roomyskoeke. En al die Franse bakkerye speel Franse musiek!




 
Ek het nog net by Paris Baguette geeet, want dit is altyd waar ek myself bevind. En die verskeidenheid sal jou mond laat water: knoffel baguettes, almond roasted rolls met roomkaas, heerlike worsrolletjies in baguettes met kaas (kaas is hier so skaars soos hoendertande) met 'n tuisgemaakte tamatiesous, rogbrood met walnuts en vye, cinnabuns...ag die lys kan aangaan ad infinitum. Gaan smul gerus by: http://www.paris.co.kr/. Dit is alles masisseosseoyo (heerlik).

Die vertoon venster van Paris Baguette.
Verder kan jy letterlik orals op straat eet - bygese as jy avontuurlustig is. Jy sal jy iets kry om jou smaakorgane te bevredig. Ek nou al odeng met sojasous (geprosesseerde vis op 'n stokkie), groentee roomys, spanspek roomys (dit is nou halfprys omdat dit herfs hier is - ek gaan binnekort met 'n sak tjok&blok vol roomys die kaffee verlaat), Dr. You gesondheids stafies (heerlik met neute en cranberries), ramyeon (kits noedels) en makgeolli met pynappelsap (gefermenteerde ryswyn) ontdek. "Ganbei" - cheers in Korean.

Odeng



As ons wil geld maak moet ons 'n kentucky oopmaak.  





No comments: