30 November 2011

K K koreane

Die Koreane het dik hare - ek is baie jaloers. 

Hulle kroontjies (is dit moontlik) sit almal op dieselfde plek - agter op hulle koppe. 

Hulle is verskriklik haar-bewus. Elke week het ek ten minste twee leerders se hare wat in 'n nuwe styl gesny is of wat 'n paar highlights in het (selfs die seuns!). 

Groot brilrame hier is hoog-mode. En as jy nie 'n bril moet dra nie - haal net die lense uit en dra die raam. 

Ja, Koreane eet oopmond. Soos perde wat appels eet. Dit irriteer my grensloos en ek dank my sterre vir 'n i-pod!

Hierdie land is ongetwyfeld smart-phone betotteld.

Sneesdoekies....hmm..Hier word baie gesnuif en gespoeg, maar moenie verwag dat 'tissues' gereeld gebruik gaan word nie. 

Die kool hier is massief! Gulliver sou een op 'n slag kon eet en hy sou vol wees!! Hier is een of ander ou-tannie groep wat skelm ondergronds planne beraam om die wereld te vergiftig met hierdie groot kopkole. You have been warned. Geen mens kan so baie kool eet en nie iets oorkom nie. 

Hier is so baie kool dit word gebruik om die stede mee te versier.      


Op daardie noot - body odour. Party van hierdie kinders in my skool STINK! Ek het gehoor dat die sweeterige seuntjies nie deodorant gebruik nie, dat ek hulle sal beledig as ek dit vir hulle aanbied en dat nie alla Koreane elke aand stort nie. SIF!

Markdag

Elke Dinsdag maak ek seker dat ek vroeer na die skool vertrek omdat dit markdag is. So daar is 'n verskeidenheid van stalletjies wat baie baie ware/kos/klere verkoop.

.
Seegras in enige dikte of vorm...dit word gebruik in bredies en soppe. Ek belowe dit proe nie so lekker soos sushi-seegras nie.

Hierdie lyk vir my altyd soos groentes en kruie...Ek het nog nie die moed gehad om vir die hajima (ou tannie) te vra wat sy verkoop nie. 

Vars vis/krappe/clams/mossels...Hierdie stalletjie laat my bietjie aan Unhygienix van Asterix&Obelix dink, maar dis seker net my Suid-Afrikaanse-meisie wat eerder in die winkel haar vars vis wil koop as op straat. 

Die soetpatat-koekies word hier gediepbraai, maar maak my maag lekker warm as ek van middagete vergeet het. 
Die hajima het een van daardie stalletjies waar alles gediepbraai word. Ek het vir middagete 'n diepgebraaide worsie, rys en vis stokkie gehad.

Gyeongju - die muurlose museum

Sondagoggend het ek vroeg en verlee opgestaan omdat nie een van my nuwe Ulsanite buddies saam met my Gyeongju toe sou kon gaan nie. Ek het geweet waarheen ek wil gaan, maar nie geweet hoe om daar uit te kom nie.

Gyeongju is "the meeting place the scent of culture time to surpass". Hehe. Dis nou wat voorop die amptelike brosjure geskryf staan.

Hierdie area was die setel van die Shilla ryk vir 992 jaar. Dit is besaai met kulturele wonders en UNESCO wereld erfenis gebiede asook 'n UNESCO kulturele erfenis stad (tydens die Shilla ryk bekend as Seorabeol). Gyeongju staan bekend as die museum sonder mure. 

 Getting lost on my journey is half of the fun.

Ek het op die 307 bus gespring na die Samsandong distrik in Ulsan...met my Lonely Planet in my regterhand het ek in Starbucks ingewals en 'n grande chai latte bestel. YUM! Ek het mos nou die multinational ondersteun en my kans gesien om die barista's te vra vir aanwysings tot die Taewagang-rivier-treinstasie in Samsandong...Wat klaarblyklik in die omgewing versteek is (net op in die pad vanaf Starbucks, but little did I know).
Daar was baie "time to sign" en geskribbel op servette...ek het toe maar met my monster chai en servet-kaart in die pad afgestap.

#1 wonderwerk
'n Koreaanse meisie wat na my in Starbucks ingestap het, het by die barista's van my dilemma gehoor en agterna gehardloop. Sy het haar kerel, sy Engelse naam is JD, gevra om uit die kar te klim en my te help. Dit was nie lank nie of hulle het my in hulle silwersplinternuwe Hyundai ingelaai (die plastiek nog oorgetrek oor die agterste sitplek - en hier sit ek met my lomp hande en grande chai..eeeeeeek) en hulle het my by die treinstasie afgelaai!!!


#2 wonderwerk
Ek het nie my melkerige drankie een keer op die nuwe sitplekke gemors nie. Phew!

Met vier minute oor het ek vir my 'n treintieket na Gyeongju gekoop vir 'n skamele W2400. Dit het my 30 minute geneem om daar uit te kom. Nari en haar broer Rudy (hulle Engelse name) het my op die trein bevriend en vergesel tot in Gyeongju. Buitekant die Gyeongju treinstasie was daar 'n inligtingkantoor. Hierdie stad is op sy kop!!! Die inligtingskantoor meisies se Engels is baie goed, die brosjures is in Engels en hulle is baie behulpsaam.

Ek het flink op bus 11 gespring en natuurlik te vroeg afgespring...Daar sit ek toe in 'n vreemde dorp-stad terwyl ek wag vir my bus om weer sy opwagting te maak. Vinnig - voordat die uit-tand oom my raakspoeg.

Bulgoksa temple from a bird's eye view
Vier van hierdie figure verwelkom jou by die ingang van die tempel...ek het ongelukkig geen idee wat hulle simboliseer nie!
Monnikke by Bulguksa tempel
 Bulguksa tempel het 'n steil pad waarteen jy op stap met die hajima's wat hulle kos/aandenkings/bondegi sop (insek sop - vomeer...dit stink en ek het my beste gedoen om nie my gesig te trek nie) verkoop. Ek was gelukkig op my eie so hulle het nie kans gesien om my te lok nie.
Bondegi!

Die Bulguksa temple is in 751 gebou en teen 774 voltooi. Hierdie tempel was sentraal in die rol van Buddhisme tydens die Shilla ryk. Dit is ‘n baie lang storie, maar tesame met die Seokguramgrotto simboliseer hulle reinkarnasie waarin Buddhiste glo. 
In die 16e eeu is die hele tempel deur die Japannese vernietig toe dit afgebrand is. Die Bulguksa tempel is ten volle herstel met navorsing. Gyeongju het in 57 VC die hoofstad van die Shilla ryk geword en dit het so gebly vir die volgende 1000 jaar.

Daar woon nogsteeds monnikke op die Bulguksa tempel perseel. Hulle word natuurlik toegelaat in die tempels waar hulle bid. Hulle slaan ook drie keer 'n dag die groot klok by die tempel. Elke keer slaan hulle die klok 33 keer omdat dit die 33 hemele waarin hulle glo simboliseer. 
Die klipmure van die tempel agter my is die stene van die oorspronklike tempel - dit is 'n paar eeue gelede deur die Japannese geplunder. Those Japs.
Hierdie bosvark is een van die weggesteekte beelde onder die dakpanele van die tempel. Dis klaarblyklik good luck om aan die varkie te vryf... Op die foto is ons twee in diep gesprek en hy vertel my dat ek groete vir sy niggies&nefies in die Groot Karoo moet stuur.
Dis deksels moeilik om met my kiekiekakker op my selfoon kiekies te neem van my en Bulgoksa tempel...so kry ek gewoonlik net die kiekiekakker-mal-Koreane in my kiekies.






Die wens-steen tuin is langsaan een van die tempels in Bulguksa en daar kan jy van die ou dakteels stene opmekaar pak en 'n wens maak. Wanneer jou stene inmekaar tuimel beteken dit dat jou wens gaan waar word en dat iemand anders jou stene kan gebruik om hulle drome mee te bou.

Die wens-steen tuin. Ek sien my wens-stene, kan jy dit sien?
Daeungjeon Tempel- hierdie tempel is bo-aan die twee brue met die 33 trappe gelee. Dit is waar die hoof Buddhistiese monument is. Dit word ook beskou as 'n "skip" na die hiernamaals met kleurvolle geverfde sketse wat dit aan die binnekant van die tempel uitbeeld.

As jy deur hierdie toring staar kan jy die Buddha se gesig sien.
Die Pagoda's van Bulguksa is anders as ander tempels s'n omdat hulle verskil van mekaar. Die twee pagoda's simboliseer twee Buddha's ( Dabo Yeorae Buddha en Seokga Yeorae Buddha) wat langsaan mekaar bid.
Die Dabotap Pagoda
Gratis Engelse toere word orals aangebied en ek het onmiddellik gaan aanklop by die inligtingstoonbank. Ek moes 'n uur wag omdat dit die toergids se etensuur was. Ek en die Beatles (ek het hulle saam genooi vir die dag - sien my hoodie) het toe lekker soos koggelmanners in die son gesit en wag.
Jerry (die Koreaanse toergids se Engelse naam) het my vir die volgende uur regoor die tempel gebied geneem en so baie geskiedenis met my gedeel. Haar Engels is verstommend goed - sy is eintlik 'n rekenaar ingenieur (en sy werk nog saans as een), maar sy het so verlief geraak op Bulguksa 5 jaar gelede dat sy nou daar werk.

Bulguksa tempel is met 'n spesifieke kleurskema geverf - rooi en blou. Al die geboue op die perseel is gedetailleerd versier en is in die kleurskema geverf wat tipies van die Shilla ryk is. 


Die tempels is versier met drake en fenikse. Die drake is vir beskerming en die fenikse simboliseer reinkarnasie.

Seokguramgrotto
Seokguramgrotto was die tweede plek wat ek die dag besoek het. Dit was amper 'n kilometer se stap na die Buddha toe. Dit was 'n kronkelende grondpad in 'n Koreaanse woud en met die vars lug het ek gevoel asof ek ontsnap vanaf Ulsan se besoedeling (amper so erg soos Witbank!).
Seokguramgrotto is 'n klip tempel wat gebou is in met 'n koepelvormige dak.
Bonjonbul is die hoof aantrekkingskrag wat Koreane lok na die plek. Bonjonbul is uit wit graniet gekerf. Dit is die Buddha in die lotus posisie. (Ek het per ongeluk vergeet om vooroor te buig en die Buddha te groet - ek hoop nie enige iemand het my gesien nie!).

Fotografie van die Buddha word nie toegelaat nie so ek het die kiekie van die internet geroof.
Nou 'n bietjie inligting oor die Buddha: Die wit graniet laat die Buddha groter lyk as wat dit regtig is; Buddha's se oe is altyd amper-toe omdat hulle in diep meditasie verkeer; Buddha's se ore is altyd so groot omdat hulle na die wereld/mense se sorge moet luister; Buddha's se koppe is altyd uit proporsie met hul lywe; Die sirkel agter die Buddha se kop is so gebou dat dit 'n "optical illusion" vorm wat veroorsaak dat jy altyd na die Buddha se kop wil staar. Those sneaky monks.

Gyeongju (klink soos "Key-ong-juu") het so baie om te sien en te doen dat ek sekerlik in twee weke sal terug gaan. Daar is onder andere 'n "temple-stay" toer waarin ek baie belangstel.

26 November 2011

Suid-Korea se obsessie met akademiese prestasie...dalk boontjie kry sy geweldadige loontjie

Korean teen kills marks-obsessed mom

2011-11-24 15:18 Seoul - A teenager in education-obsessed South Korea allegedly killed his mother because she hounded him to come top in exams, and then hid her body at their home for eight months, police said on Thursday.

Police have sought a formal warrant to arrest the 18-year-old, who is thought to have killed his mother in March by stabbing her in the neck, according to a detective at a police station in Seoul's Gwangjin district.

The officer, who declined to be identified, confirmed details in a Yonhap news agency report.

The crime came to light when the boy's father, who lived apart from his wife, paid a rare visit home and found his son's behaviour suspicious.

After he reported his suspicions to police, they went to the house and found the mother's body hidden in her room.

Police said the 51-year-old mother pressed her son to get better exam scores even though his academic performance was already good. Sometimes she did not feed him or let him go to bed.

The student, who ranked about 4 000th nationwide in a rehearsal test for the college entrance exam, tampered with the score card to have his rank read 62nd out of some 700 000 competitors.

But his mother was not satisfied even with the doctored ranking. On the eve of the killing, she beat him with a baseball bat and a golf club and urged him to rise to the top.

The suspect was terrified that his mother would discover the faked exam score because she planned to visit his school the following day, police said.

Schoolchildren can come under huge pressure in South Korea, where entry to a prestigious college is seen as key to securing a prestigious job.

24 November 2011

Koreaanse onderwys en dissipline

In die algemeen is die Koreaanse base van skole verskriklik uitmergelend streng. Selfs my werkgewers is rigied en verwag dat ek die kinders moet smoor met hulle/Korea se militaristiese idees van onderwys sodat hulle deel kan word van die hoogste tiener selfmoord-statistiek ter wereld. 

Hier word dit byvoorbeeld glad nie geduld dat die kinders met hulle uitveers, potlode of stickers in klastyd speel nie. Dit moet onmiddellik afgeneem word omdat dit 'n teken is dat die kinders nie aandagtig luister nie. 

Wat Korea en my werkgewers nie van kinders wil verstaan nie - is dat kinders kinders sal wees net so ver wat jy hulle toelaat om kinders te wees. 

Dit is hoe Korea boksie-mense-met-tonnelvisie grootmaak wat sekerlik sielsongelukkig in die stroom swem of selfmoord pleeg op 'n jong ouderdom.
My werkgewers is bekommerd dat die kinders in my blok dink dat ek die "softy" onderwyser is. As "softy" impliseer dat ek die behoeftes van die kinders bo die skool s'n stel en hulle soos individue probeer hanteer aanvaar ek die titel met trots. En ek twyfel dat die skool my sal afdank omdat ek nie so harteloos soos hulle is nie, want die kinders vir wie ek klas gee presteer desondanks die feit dat ek hulle nie elke dag laat huil nie. 

Ek wens net ek kan die groot CCTV oog in die hoek van elke klaskamer uitgrou. Dit is klaarblyklik daar sodat die ouers (hoofsaaklik die histeriese tuisteskepper ma's wat niks beter het om met hulle tyd te doen as om hulle kinders te beheer nie) kan kom kyk wat "hulle kinders" in die skool doen. 
Dit is egter ook vir die mede-eienaar van die skool sodat sy kan spioeneer op die onnies en enige swak gedrag of tekens van individualisme kan smoor. 

Hierdie plek laat my skool loopbaan soos 'n utopie klink. Dink net hoe baie vryheid het ons gehad as kinders...

22 November 2011

Swart Dinsdag

███ ██ █ ████ everything ███ ███ is███████ ████ fine ████ ███ love, ███████ ███ your █████ ████ government.