16 October 2011

True myths

Sover vind ek die 24 Han-guel (Koreaanse) alfabet ongelooflik moeilik, maar ek gaan dit leer totdat ek verstaan watter tipe melk ek koop. Ek dink dis volroom?! Daar is tien kinkers en 14 konsonante, maar met al die dubbel klinkers/dubbel konsonante het  Hanguel 40 simbole.

 

  • Koreane is mal oor kimchi - ingelede of gefermenteerde groente (gewoonlik kool of radys) - en rooipeper.

    • Ontvang altyd 'n drankie/geld/'n geskenk met twee hande.
    • Gooi 'n drankie in vir die persoon wat vir jou gegooi het.
    • Moenie jou neus aan die etenstafel blaas nie.
    • Hier is muskiete en ek verlang na die dae van my groen tabbard. Jy gaan gebyt word.
    • Die humiditeit hier is baie anders as in Suid-Afrika. Dit is so verskriklik warm al is dit koud?!
    • Ja, jy gaan jou hele badkamer nat stort. Somehow shower-rails with showercurtains hasn't caught on. Ten minste kan jy elke dag jou vloer mop;-)
    • Dit is alledaags om mans te sien wat ander mans se hande vashou, maar dit is slegs 'n teken van vriendskap.
    • PDA's (public display of affection) word nie toegelaat nie omdat dit Koreaanse kultuur nog uiters konserwatief is ten spyte van hul tegnologiese vooruistrewendheid. Ek het by 'n musiekfees gesien hoe die sekuriteit die Westerse kappel vra om nie PDA's te toon nie. Jy kan egter jou nooi of kerel se hand hier vashou sonder om 'n vuil-arend-kyk te kry.  
    • Moenie verwag dat bestuurders vir jou gaan stop by die voetoorgang net omdat die lig vir jou groen is nie.
    • Mense sal op die bus vir jou opstaan en hulle stoel vir jou offer indien jy 'n ma met 'n babatjie of 'n bejaarde persoon is.
    • Die trek-jou-skoene-uit tradisie word nogsteeds orals beoefen, maar nie by Westerse-styl plekke of 'convenience' winkels nie. Die rede hoekom al die meisies ook vleeskleurige sykouse dra is omdat dit meer aanvaarbaar is om met sokkies in die huis/restaurant rond te loop as kaalvoet.
    • Moenie die water uit die kraan drink nie - dit gaan jou siek maak.
    • Dit is baie moeilik om by squat toilets te korrel. As jy vroulik is maak seker dat jy 'n romp dra vir die dae wat jy onseker is waar jy gaan moet hurk.
    • Meeste plekke gebruik nog die stelsel waar toiletpapier in aparte dromme gegooi word eerder as in die toilet afgespoel word. Die rede hiervoor is dat die 'sewage' stelsel net eenvoudig nie die volume sal kan hanteer nie. Die toiletpapier stink in die drommetjies. Verbeel jouself dat jy 'n diepsee skubaduiker is. Asem in. Hou dit in!!!
    • Die drink-kultuur van soju (tradisionele ryswyn) is groot. Ek sien gereeld mans wat dronk rond dobber. En ek het reeds 'n bottletljie aangeskaf. Dit is net 22% alkohol, maar kan met bamboo/pynappel/ander sap gedrink word wat dit dan geurig maak.
    • Die handdoeke is nie goed genoeg om jou neus mee te blaas nie. Bring maar jou Glodina thick&thirsty van Suid-Afrika af saam.
    • K-pop hier is soos wat Westlife en MLTR (nou vat ek dit ver terug - standerd vier) was. Dit is "girl bands" en "boy bands" wat matchy-matchy uitrustings aantrek en sing terwyl hulle danspassies uitvoer. Moenie dink dat hulle musiekinstrumente kan speel nie - dit is alles backtracks. En die Koreane is gaande daaroor!!! Dit is super gay (no offence to the gays).
    • Alhoewel Korea 'n geweldadige geskiedenis met Japan deel, verkies hulle dit as jy hulle met Japan vergelyk. Dit word as 'n belediging beskou wanneer jy hulle land of hulself vergelyk met China.
    • Baseball en basketbal in Korea geniet groot aanhang. I call it the Americanization of Korea.  
    • Die bestuurders ry en parkeer KAK. Waar kry hulle hulle lisensies?! Kyk hoe parkeer hulle? Jou oe sal by jou kop uitval as jy dit moet sien (sien foto).  
    • Die poegies ry orals tussen die pad en jy sal verstom wees waar hulle orals indruk. "Bali bali" - vinnig vinnig.

    No comments: