3 October 2011

Wat steek ek weg in my koskas??

Vra eerder wat mens nie hier in die hande kry nie!

Spot: bovril, meat tenderizer en braaisout.
I spy with my little eye - my gunsteling beker en 'n ENORME boks rooibostee.
Graanvlokkies - Cornflakes, All bran flakes, muesli
Volgraan spags
Digestive koekies
Suid-Afrikaanse rooiwyn - dankie Tesco!
Franse witwyn - dankie Tesco!
Pastasous
Kits noodles (Koreaans)
Kits decaf koffie - flouer as die koffie in Suid-Afrika
Lipton camomile tee
Bruinsuiker
Sout - uhmmm..ja, die sout is ook flouer as Cerebos - "see how it runs"
Organiese eiers
Organiese ryskoekies - al die organiese produkte danksy die organiese winkel wat letterlik net in my straat af is (en snaaks genoeg langsaan die McDonalds is).
Chips - yuk! Dit word alles van mielies gemaak en is 'n snaakse soet-suur. Ek is al gereed om die pak weg te gooi omdat dit net eenvoudig aaklig is.
Heerlike appels
Rosa tamaties
Geblikte tamaties
Vreemde sampioene
Brandrissies
Nestea
Warm sjokolade
Olyfolie
Gedroogde seewier wat gerooster is met olyfolie - dit kom in 40gram pakkies en dit is verslawend!
Vars volroom melk
Danone jogurt
Aaklige plastiek cheddar-kaas (YUK!)
Springmielies
Chomps ('n pak wat ek al die pad van Malmes af saamgevlieg het en toe besluit het dat ek te suinig is om dit vir my kinders uit te deel. tee hee.)
Chicken korma speserye
Breyani speserye (dankie Spar!)
Die grootste pak Vital rooibos tee (saamgevlieg, natuurlik!)
Rolletjies en brood wat suggereer dat dit volgraan is, maar dit is eintlik witbrood gekamofleer as bruin/volgraan.
Hierdie vreemde Koreaanse neut-tee - hulle noem dit Jesus tea/Job's tears en dit is letterlik 'n mengsel van neute/groen tee wat jy in 'n klein koppie aanmaak. Dit is ongelooflik smaaklik. Ek kan net sien hoe ek kilogramme hiervan moet uitvoer!!

Red red wine...cue UB40. Ek het dit by Homeplus gekoop en dis van Tesco af. 
OOooo en in my vrieskas kruip daar groen tee popcicles en 'n 1l roomysbak weg. Die roomyse hier is uiters toon-omkrul-verruklik-lekker. Indien jy allergies is vir neute of bone: you have been warned. Die Koreane is dol daaroor om 'n neut in alle tipe kosse te versteek. Daar was rooi bone in my een roomys. Wat 'n grillerige verrassing!!!!  

No comments: