23 October 2011

Die kids

My kinders is soet, wanneer hulle nie op my tong ry nie. Hulle vat nog kanse met my, maar ek vat dit met ‘n sak sout.

Meer oor van die kinders:
  •  Sleeping Sarah: sy raak altyd in my klas aan die slaap. Bygese sy is 9 jaar oud en haar jassie is altyd verkleur met haar onlangste middagete. 
  •  Happy – sy naam is Happy omdat hy nie ‘n ander Engelse word geken het toe hy by die skool begin het nie.
  • Brian – ‘n regte belhamel. En dan sweep hy die ander seuntjies op. 
  • Teddy en Tony: die twee terrors. Teddy trek ook die heeltyd aan sy broek of hy speel met...
  • Steve: wat met albei se vingers in albei se neusgate vir diamante soek. 
  • Tom Taekwondo: hy is een van my phonics kinders. As ek vir hom se "say spell the word" dan se hy "say spell the word" Hy het nie die vaagste benul nie!
  • John: hy is baie dramaties en gooi gereeld sy hande teen sy kop en se "OMG" as ek vir hulle 'n nuwe onderwerp gee om oor te gesels.  
  • Kenny: hier is nou ‘n regte poepmasjien. Die arme seun. Minder gefermenteerde kool vir hom behoort as oplossing te dien. 
  • Dan is daar vanselfsprekend die uitblinker dogtertjies wat ek kan agterkom by die huis hulle huiswerk doen. 
Ek het 'n proefsteek gedoen en 4 uit die 5 kinders hier dra brille!!! Is dit nie verskriklik nie! Dit is van te hard leer! 
 

No comments: