10 October 2011

Hoe om te kom van punt A na punt B

In Ulsan is daar 'n publieke vervoerstelsel per bus, maar dit sluit nie 'n ondergrondse vervoerstelsel in nie.


Dit is die pad wat ek daagliks stap om by my bus uit te kom. 

Die hoofweg met UIsan Universiteit. Dit is baie sigbaar en bedoel dat ek nog elke keer by die regte bus stop afgeklim het. 
Vir die bus kan jy per rit betaal (dit wissel na gelang van jou afstand), maar ek het 'n mybi kaart gekoop. Elke week laai ek won op my kaart en wanneer ek op die bus klim swipe ek my mybi kaart. Die bedrag word dan outomaties afgetrek.
My mybi kaart is in die vorm van 'n kolossale vet pienk kat wat 'n vissie vashou.
Die busbestuurders hier vatikaki. DANGER DANGER NXOSI GEVAAR.

Moenie opstaan totdat die bus heeltemal gestop het nie, want anders sal jy soos ek in onskuldige passasiers vasvlieg wanneer die busbestuurder uiteindelik rem trap. Dit kan morsig word. Vermy dit ten alle koste.

Dit is ook algemeen dat die busbestuurder op hulle fone gesels en met net een hand bestuur. Close your mouth and stop staring!

Ek het laas week vir die eerste keer 'n taxi geneem en het geen klagtes nie. Die busse hou 23h00 op om te ry so indien jy nie 'n vroee aand beplan nie beter jy bereid wees om vir 'n taxi te betaal. Jy betaal 'n vaste bedrag sodra jy inklim (ongeveer W2400) en dan betaal jy daarna per kilometer.
Wanneer jy 'n taxi soek steek jy net jou hand uit (dit help as jy kan fluit - soos in die Groot Appel) en hulle sal soos aasvoels vir jou sien en jou kom optel. Daar is geen tip ooit betrokke vir 'n diens wat gelewer word nie. So jy betaal net wat op die taxi meter staan.

My taxi-bestuurder se TV skermpie was deurgaans aan, maar dit is klaarblyklik normaal hierso dat hulle bestuur en TV kyk.


Die treinstelsel verbind ook die stede/dorpe baie goed met mekaar. Ek sal op 'n latere stadium hieroor kan skryf.

'n Doodgewone, klem op dood, hoofweg.






No comments: