20 October 2011

Onderhoud #1

Skaars my voete aan wal neergesit (en nog nie eens my tone in die plaaslike Ilsan strand gaan nat maak nie) of ek word uitgenooi vir 'n onderhoud. IN SUID-AFRIKA!

Dit is 'n pos waarvoor ek ses maande terug aansoek gedoen het. TIA. En 'n pos waar mens nogals 'n verskil kan maak.

Die onderhoud het - goed - verloop. Maar nou klink ek soos my boetie wat altyd se dat die toets "goed" verloop het. Wat ek bedoel is dat ek dit deur skype gedoen is (die paneel se eerste keer) en dat dit pynloos verloop het.  

Ek het 30 minute gehad om 'n PPT te lees en die drie belangrike sleutelpunte daarvan uit te lig. Dit alles terwyl my skype kamera vir my loer - sodat die paneel vir my kon loer. Al hierdie geloerdery het my wange wynrooi ingekleur en ek dink dat die koue Koreaanse luggie nou baie welkom sal wees. 

Die paneel het ook baie uiteenlopende vrae gevra, maar ek het maar uit my hart uit gepraat. Is dit altyd so senutergend om 'n onderhoud te he? 
 

No comments: