20 October 2011

Hoera vir aliens!!

Na 'n lang sleurende proses van rond ry, Koreane wat gedurig verander watter dokumente hulle verlang, baie Koreaans en min Engels, Koreane wat weer die regulasies verander, my werkgewer wat sy Amerikaanse geduld verloor, sy vrou wat by die karruit gluur vir bestuurders wat soos toddlers bestuur (so Koreaanse evil eye kan mure laat tuimel!) het ek my Alien Registration Card (ARC).

Ek is nou amptelik geregistreer as 'n wettige alien.

No comments: