16 October 2011

Hyundai Tigers VS Steelers Forever

Die sokker-wedstryd het vandag in die stadion naby my woonstel plaasgevind en dit is deel van die Hyundai Oilbank K-League 2011.  Dit was 'n gratis en ek het 'n tieket by 'n kiddie by my Akademie ontvang.




Vanmiddag 16h30 het ek toe na die stadion gestap om bietjie sokker te kyk.

Die Hyundai Tigers (van Ulsan) was in blou geklee en die Steelers Forever (van Pohang) het swart-en-rooi gestreepte uitrustings gedra.

Daar was 'n paar "waygooks" in beide spanne, maar die meerderheid van die spanne was Koreane. Dit was 'n interessante wedstryd. Elke keer as 'n speler goed speel en dit 'n penalty is dan kondig die omroeper iets aan wat eindig met "samnida" en dan klap die hele pawiljoen hande. So dan klap ek ook hande vir die speler.

Jy kan jou eie drank/kos na die wedstryd neem. Daar was heelwat mense wat pizza, "fried chicken", ramayen of so snaakse knolgroente-ding geeet het. 

Dit het ongelukkig koud begin word en ek het net die eerste helfte klaargekyk (met die Hyundai Tigers wat 1-0 voorgeloop het). Die Hyundai Tigers en die Steelers Forever het in die tweede helfte albei 1-1 elk gehad, maar die Hyundai Tigers het in die snikheet oomblik van 90 minute 'n skitterende wendoel geskop!










No comments: