16 October 2011

Myths busted

  • Die Koreaanse kultuur is vooruistrewend, maar nogsteeds baie konserwatief. 'n Voorbeeld is die prostituut-kort rompies wat sommige meisies dra, maar dan dra hulle sykouse/leggings daarby om die uitrusting meer "konserwatief" te maak. 
  • Ambulanse het groen ligte. 
  • Dit is nie skoon nie, want daar le orals heelwat rommel in die strate. Dit is omdat die regering die publieke vullisdromme uit die strate verwyder het omdat die Koreaanse burgers hulle huishoudelike rommel daarin weggegooi het! En nou strooi mense die rommel sommer orals. 
  • Die pragtige herfsblare en een verlore roomys papier. 
  • Alle Koreane spoeg nie. Dit is hoofsaaklik net die ouer mans, maar as hulle spoeg beter jy syntoe staan. 
  • Jy hoef nie te slurp as jy drink of eet nie. Almal doen dit nie.
  • Daar is baie Westerse toilette - ek het nog net een keer 'n "squat toilet" beleef. Hierdie toilette is klaarblyklik meer volop in die kleiner dorpies en platteland.  



  • Plakkies en sokkies kry 'n nuwe betekenis in hierdie land. Daai vieslike blou/wit gestreepte plakkies met sokkies. Ek dink die Duitsers kan vir hulle 'n paar goed leer van styl.



  • Ten spyte van die groot trek van Suid-Afrikaners na Suid-Korea is daar baie min mense hier wat Engelsmagtig is. Oefen solank jou "sign language" vaardighede indien jy beplan om die Ooste te besoek.
  • Elke gebou is 'n advertensie bord. Dit maak seker die geboue baie ongelukkig, maar die argitektuur is darem nie van so aard dat dit afbreek daaraan doen nie. Daar hang orals advertensie borde en ligte en en en. Met die vooruitgang wat Korea in die afgelope paar dekades ondergaan het, het dit beteken dat hulle verskriklik vinnig nuwe geboue bou. Dit het ook beteken dat hulle tradisionele boustyle tot niet gegaan het. Hier en daar sal jy die mooiste ou gebou met 'n pragtige gedetailleerde hek sien, maar dit is gewoonlik ingedruk tussen twee groot wolkekrabbers.  



  • Kos hier is nie goedkoop nie. 2 wortels kos omtrent R18 en 5 appels (die goedkoper appels) kos R18. Die kitskos opsies is goedkoper, maar vars kos soos vleis en groente is peperduur.

No comments: