2 October 2011

Wat is op die kassie? Waar is Riaan?

Alles is Koreaans op die kassie, maar gelukkig kom dit voor dat hulle te lui is om heeltemal ALles te vertaal. Yay!

Ek kan ten minste tien uit die 70 kanale kyk. Dit sluit Discovery, Series en MTV Korea in.
Dit is nou as hulle nie heel naweek AVATAR of RED speel nie...ek hoop ek hoef dit nie weer die naweek te kyk nie.

My ervaring van die series is dat Koreane van scary/gory goed hou alhoewel hulle alles sensor. So dis eintlik baie snaaks.

Ek het nou al 'District 9', 'True Blood' en 'The Simpsons' gekyk met Koreaanse subtitles.

Riaan - waar is jy? Ek mis jou!



 
Die TV-kanale is besaai met home-channel-inkopie kanale. Van die sweetpakke-wat-jou-meer-laat-sweet-sodat-jy-vinniger-van-jou-vetrolle-ontslae-kan-raak tot die nuutste modegiere vanaf die Europese modeplank. Moenie die kimchi-advertensies vergeet nie! Of die kimchi-yskaste spesiaal vir kimchi nie!

No comments: