5 November 2011

Pasop vir depressie -Ronelda S. Kamfer ('n ongelooflike visuele digter)

As jy aangerand, 
verkrag, gehijack, ontvoer, gevange gehou was 
moet jy sorg
dat jy by 'n psigiater uitkom
dis als goed wat depressie veroorsaak
dis goeie redes vir depressie

Kak ouers
kak onderwysers
kak kerke
kak kos
kak mense
kak klere
kak reels
kak wette
kak musiek
kak weer
kak timing
kak digters
en 'n kak gedagte
veroorsaak nie depressie nie

Dis deel van die lewe.




No comments: