My kinders is soet, wanneer hulle nie op my tong ry nie. Hulle vat nog kanse met my, maar ek vat dit met ‘n sak sout.
Meer oor van die kinders:
- Sleeping Sarah: sy raak altyd in my klas aan die slaap. Bygese sy is 9 jaar oud en haar jassie is altyd verkleur met haar onlangste middagete.
- Happy – sy naam is Happy omdat hy nie ‘n ander Engelse word geken het toe hy by die skool begin het nie.
- Brian – ‘n regte belhamel. En dan sweep hy die ander seuntjies op.
- Teddy en Tony: die twee terrors. Teddy trek ook die heeltyd aan sy broek of hy speel met...
- Steve: wat met albei se vingers in albei se neusgate vir diamante soek.
- Tom Taekwondo: hy is een van my phonics kinders. As ek vir hom se "say spell the word" dan se hy "say spell the word" Hy het nie die vaagste benul nie!
- John: hy is baie dramaties en gooi gereeld sy hande teen sy kop en se "OMG" as ek vir hulle 'n nuwe onderwerp gee om oor te gesels.
- Kenny: hier is nou ‘n regte poepmasjien. Die arme seun. Minder gefermenteerde kool vir hom behoort as oplossing te dien.
- Dan is daar vanselfsprekend die uitblinker dogtertjies wat ek kan agterkom by die huis hulle huiswerk doen.
Ek het 'n proefsteek gedoen en 4 uit die 5 kinders hier dra brille!!! Is dit nie verskriklik nie! Dit is van te hard leer!
No comments:
Post a Comment