23 October 2011

Koreane

Korea is 'n populere bestemming vir plastiese chirurgie. Die vrouens en mans wil meer Westers lyk so buiten die roompie wat hulle velle verbleik is daar ook baie ander permanente opsies: hulle verander hulle neuse, wange, kenne, borste en veral hulle oe!

Die kinders se velle is besmet van die aknee. Dalk is dit toeteskryf aan al die druk van hulle tuisteskepper ma’s. Hier moet jy die absolute ongeëwenaarde top-posisie in jou klas beklee. Dis erger as die snoepie-tannies van my hoërskool dae.
Of dalk is dit weens hulle dieet wat, volgens my, nie hoë voedingswaarde het nie. Noedels, kimchi en vreeslike slegte hoender dag-na-dag en aand-vir-aand....Dit sal my vel ook laat stress.
Ag, hoe water my mond nou nie vir ‘n bord gekookte mamma-kos nie.


Die jonger meisies is gaande daaroor om hulle hare te kleur - ligbruin en daardie eienaardige kleur wat soos henna lyk. 
  
Die jonger meisies is gaande oor kleurlose sykouse. 

Hoe hakskoene.....heels, heels, heels. Die vrouens en veral die 20-jarige meisies pronk orals rond in skrikwekkende hoe hakke wat ek kan sien hulle enkels blase gee. 

Tekkies. Sjoe.... Tekkies..waar kan ek begin. Ek dink ek moet 'n spesiale fotosessie hou net vir al die tekkies - Nike, New Balance, Adidas. Almal dra tekkies. Hulle noem dit "tennis shoes", maar ons noem dit tekkies. 

Die studente trek verskriklik stylvol aan. Moenie enige kaalvoete of geskeurde jeans hier verwag nie. Van wat ek van my Koreaanse vriendinne afgelei het is dit baie belangrik wat jy aantrek omdat jou vriendinne en ander meisies jou vinnig kritiseer. Hulle trek aan soos wat ek verwag het die vrouens in Parys sou aantrek. Altyd stylvol, met 'n mooi handsoek, 'n ligte jas en hoe hakskoene.

Die modebewustheid van die student kleef aan hulle label-sonbrille en laag-op-laag grimering soos mossels aan ‘n rots. Shame, die meisies sukkesl seker om mooi te lyk en warm te kry in die winter.





No comments: