4 October 2011

Brian se Engelse Akademie...ook bekend as my werkplek

Ek gee vir drie blokke klas waaruit elke blok uit drie 35-minute klasse bestaan. Dus 3 X 3 = 9 klasse per dag.
Blok 1 is graad 1 en graad 2: 14h00 tot 16h00.
10 minute breuk.
Blok 2 is graad 3 en graad 4: 16h10 tot 18h10
10 minute breuk
Blok 3 is graad 5 en graad 6: 18h20 tot 20h20
*freedom*

My klasse wissel van twee tot agt leerders, maar ek sal nooit meer as 8 leerders op 'n slag sien nie. Die privaat akademie waar ek skool gee is na-uurs en ek gee klas as die "speaking teacher".
Dit veroorsaak baie onsekerheid by die kinders omdat ek met 'n Suid-Afrikaanse aksent praat en omdat die vorige "speaking teacher" met 'n Michigan Amerikaanse aksent gepraat. Dit gee my sommer die piep - dit is erg genoeg dat ek colour sonder 'n "u" moet spel. Gmf!

Daar is drie onderwysers vir elke blok: a  Korean grammar teacher, a writing teacher and a speaking teacher.
Die blokke is so ingedeel dat jy 'n basiese klas tot 'n gevorderde klas het. In my een blok leer ek letterlik vir die klas die ABCs en in die ander blok bespreek ons vir Mark Twain.

Daar is 'n goeie struktuur by die skool. Omdat ek die "speaking teacher" is bespreek ek met hulle leeswerk, luister ek na hoe hulle lees/praat en debateer ons oor onderwerpe wat op hulle "vlak" van toepassing is.

Die kinders is baie gedissiplineerd, oulik (die graad1 en graad2 meisies hou daarvan om vir my drukkies te gee) en ryk. Hulle dra labels - laat ek nie uitbrei nie, maar dit is nie "vervalste labels" nie.

In my eerste week het ek klaar die eerste kind in trane laat uitbars. Die seuns hier word erg opgepas deur hulle ma's en omdat ek by 'n redelike elite akademie skool gee = ons het al die rykmans kindertjies.
Toe het Saul (ja, al die kinders kry 'n Engelse naam. So baie John's en Brian's!!) in trane uitgebars omdat ek hom wou straf deur te sê dat hy voor in die klas moet gaan staan en vir ons moet vertel wat sy gunsteling kleur is.

My derde blok is baie fluks en ek geniet die klasse meer omdat die kinders se woordeskat verskriklik goed is. Ons behandel onderwerpe wat wissel van cloud formation, Willam Shakespeare, the French Revolution, Jane Goodall (ja, dis waar!), genetic modification, the Irish famine tot Monopoly! Ek geniet ook meer die klasse omdat die onderwerpe interessant is en dit my ook uitdaag om hulle te leer waaroor die inhoud van die leesstuk handel.

Waarmee my kinders sukkel is dat hulle alle woorde wat op 'n "e" eindig soos volg uitspraak:
George = Georgeeeeee
Piece = Pieceeeee
Dit is nogals 'n struggle om vir hulle hierdie gewoonte af te leer, maar aanhouer wen.
Ek skryf daagliks op die bord en hulle moet gereeld hulle uitspraak oefen.
Hulle sukkel ook baie met die "V" klank: TV = TB en die "R" klank: rice = lice.

En almal noem my "Jean" - soos die langbroek. Omdat dit godsonmoontlik vir hulle of vir Brian is om die "JJjj" klank van Jeanne te maak. SUG.

Rock, paper, scissor kry 'n HEEL nuwe betekenis in Korea. Die kinders is gaande daaroor. As hulle oorywerig is om te praat laat ek hulle R/P/S speel. Hulle ken nie die "ching-chong-cha" weergawe wat ons dit noem nie.

Ek leer die kinders "high fives". So ek moet gedurig high-fives vir hulle gee, want om stickers uit te deel raak afgesaagd. Stickers is 'n groot trekpleister!

No comments: