9 October 2011

Vullisverwydering

Korea, Ulsan, het 'n redelike gedetailleerde vullisverwydering stelsel.

Alles word herwin in so groen sak en die kompos word in 'n groen houer gegooi. Vir die groen houer moet daar 'n spesiale tieket by 'n plaaslike winkel gekoop word. Dan word die kompos verwyder as die kaartjie gekoop word. Sjoe, maar die groen houers kan pong!!

Ek volg gelukkig 'n mede-Saffa se raad, want die groen komposhouers stink so erg. Ek vries al my kompos (groente/vrugte/eierdoppe) totdat daar genoeg is en dan gooi ek dit onmiddellik in die groen houer en koop 'n kaartjie. No mess, no fuss.

Indien jy iets ruik wat jou spontaan wil laat vomeer - dis die groen drommetjie met die kompos.

Elke buurt se rommel word omtrent 5 dae 'n week opgetel en jy betaal nie vir die diens nie, maar eerder vir die sakke waarin jy jou vullis weggooi wat nie herwinbaar is nie. Die plastieksakke in my buurt is blou en kos omtrent R7 'n sak. Needless to say - ek maak my sak trommeldik.


Ek sien iets wat begin met groen en eindig met stink. 


No comments: